top of page

LORRAINE BOTHA

Ek het in die NG kerk groot geword, niks teen die denominasie nie, maar ek het niks van die geestelike realm geweet nie. Ek was 'n introvert en bang vir mense.
Ek het in 2004 tot bekering gekom. Skielik het ek die gawe om in die gees te sien. 

Daarna het my bediening begin deur mense se huise uit te salf in absolute afhanklikheid van Heilige Gees. 
In 2005 ontvang ek 'n visioen oor SA en dans profeties as Warrior Bride (Worship Dance Group) met 12 vroue.

Ek het na 4 van die hoogste berge in Suid-Afrika gegaan. Tafelberg was die eerste. Ek het ook profeties gedans in die Parlement in Kaapstad. Ek was weereens totaal afhanklik van die leiding van die Heilige Gees.

God het hierdie skaam vrou 'n stem gegee en in 'n gesags posisie gesit. 
Die profetiese danse het om gesit in dag seminare en opleiding.

Ek het 'n BA graad in Teologie voltooi.

Tydens Covid voltooi ek 'n berading kursus deur Oribelle. 
Ek doen ook Vrouekampe .

Uit die Warrior Bride het die Here my Die Septer Bediening kom gee.

My hart is om God te gehoorsaam, om ten volle afhanklik te wees van die Heilige Gees se leiding en Hom daardeur te verheerlik word.

Ek is nie gekoppel aan n denominasie nie en tree interkerklik op.
Ek gee berading by die Evangeliese Gereformeerde kerk in Helikonpark, Randfontein.

VIR BERADING OF BESPREKINGS KONTAK LORRAINE:  botha.lorraine0@gmail.com

bottom of page